Karoo Kruie Kring

Kom sit in die Karoo Kruie Kring en kom luister na die stilte. Kom kronkel op klein voetpaadjies saam met Antoinette en Oom Johannes vir ‘n naweek van kruie-stories, diere-stories en plante-stories. Kom sit in die Karoo waar die sterre snags sag hulle geheime in jou oor fluister.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2017 Werkswinkels

Datums

  • Februarie 10de-12de (Volmaan Werkswinkel)
  • Maart 10de-12de en 24ste-26ste
  • April 7de-9de en 14de-17de
  • Mei 12de-14de en Mei 26ste-28ste
  • Augustus 11de-13de en 25ste-27ste
  • September 8ste-10de en 22ste-25ste
  • Oktober 13de-15de en 27ste-29ste
  • November 3de-5de (Volmaan Werkswinkel) en 17de-19de

Antoinette en oom Johannes beplan hierdie jaar ‘n splinternuwe avontuur. In die 14 jaar wat hulle twee nou al saam werk, het mense van oral oor die land, asook die buiteland , gestroom na Theefontein vir konsultasies, kruie-behandeling en om kopstukke te gesels oor die lewe. In die week, tussen 5 en 7 nm. word die telefoonlyn warm gebel, waar mense boere-rate vra en kruie bestel. Die terugvoer van mense wat die kruie gebruik is geweldig positief en in baie gevalle vind mense dat die gebruik van kruie vir hulle ‘n lewensveranderende ervaring is.

Baie inbellers het ‘n groot behoefte uitgespreek om in die veld te loop en om te sien waar die kruie wat hulle gebruik groei en om die genesende krag van die natuur eerstehands te ervaar.

Antoinette en oom Johannes begin hierdie jaar, 2016, om mense touwys te maak oor Karoo kruie deur werkswinkels aan te bied. Vir die volgende twee tot drie jaar word ‘n kursus beplan om aan hierdie behoefte te voorsien. Die werkswinkels sal mekaar opvolg om sodoende te groei tot ‘n dieper kennis van die veldkruie. Die eerste twee werkswinkels word beplan vir middel Maart en middel Mei.

The arrival was lovely: warm, welcoming and a lovely green oasis . . . My conversations with Antoinette gave me an immediate sense of her going straight for the essence – she spoke about herbs which open your gesintheid (your visionary ability) which spoke to me very deeply. I had an instant sense of a wealth and depth of wisdom which I needed to tap into . . . Delicious food, also for me as a vegetarian . . . Loved the quiet and the magnificent stars – would love to have slept outside under the stars.
Isabelle Webb, Cape Town, Mar 2013
Eerstens is die hoogte punt vir my dat ek op ‘n “road trippie” saam met my Ma ‘n slag iewers heen alleen was. Ek was al na baie workshops of retreats op my eie gegaan en gewens sy was daar. Maar die feit dat die een in die Karoo plaas gevind het en heel in Afrikaans was, was baie spesiaal vir my. . . . Die stilte, die kos en die natuur was fantasties. Ek voel regtig geseënd om elke mens die naweek te geontmoet het. Ek sal graag elke jaar terug kom, en my boompie Karoo water gee.
Louise, Paris en London, Maart 2013
OOM JOHANNES EN ANTOINETTE IS GOUD VAN DIE AARDE MENSE.
Helena, Maart 2013
Naweek was wonderlik. Ann en Charl het ook die hele pad gegaan om ons verblyf aangenaam te maak.
Jeff de Wet
Baie moeg xxx aangekom en nie geweet wat om te verwag nie. Ek moet se dat ek baie aangeneem en verras was. Die wonderlike sameseyn met elkeen. Die wonder wat ons in die naturur beleef.

Ons het baie tuisgevoel en dankbaar oor die moeite wat Ann en haar man gedoen het. Die verblyf was goed. Alles was mooi ingerug. Ek het baie veilig gevoel.

Wat my opgeval het is die manier hoe Oom Johannes and Antoinette mekaar respekteer en aanvul. Ek is baie dankbaar dat ek hierdie naweek kan meemaak.

Lorraine de Wet

Waar gaan die werkswinkel wees?

Die werkswinkels en veblyf sal plaasvind in die Groot Karoo, op Juriesfontein, ‘n buurplaas van Theefontein. Die plaas is ‘n uur se ry van Beaufort-Wes af, op ‘n goeie grondpad.

Die maksimum van 4 mense sal toegelaat word per werkswinkel. Die afgesonderheid wat mense in stede en groot dorpe ervaar, maak dit moeiliker vir die mens om aan hom/haarself te dink as tropdier. Gedurende die werkswinkels hoop ons dat mense sal onthou dat ons almal verbind is aan mekaar deur ons menslikheid. Daar is ook geen selfoon ontvangs of internet toegang op die plaas nie, sodat mense die stilte kan geniet en indrink sonder elektroniese inmenging. Beddegoed sal voorsien word.

Ons het oor die jare agtergekom dat mense die selfsorg opsie verkies, wat beteken mense kan op hulle eie tyd kos maak, asook dit maak wat vir hulle lekker is.

Laai aanwysings af

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Werkswinkel 1 en 2 – Waaroor gaan dit?

Antoinette en oom Johannes sal begin deur te vertel van die kruie wat op die vlaktes en in die klowe groei, waar hulle voorkom en hoe hulle medisinaal gebruik kan word. Daar sal aandag gegee word aan hoe die liggaam en die organe fisies weerspieël wat emosioneel in die mens gebeur en hoe die kruie nie net fisiese verligting gee nie, maar ook op emosionele vlak genesing bring. Dan sal hulle uitbrei en kortliks vertel van medisinale tuinkruie en hoe ‘n mens jou eie apteek in jou agterplaas kan plant.

Die tweede sessie na tee sal mens ‘n geleentheid kry om raad te vra oor siekte toestande wat hulle mee worstel en hoe Boererate ‘n belangrike plek kan inneem in ‘n mens se medisyne-kas.

Saterdag middag sal Marlene Rousseau ‘n werkswinkel lei oor hoe ‘n mens jou gedagtes kan neerpen op papier, hoe jou woorde ‘n getuienis kan raak van jou binnelandskap belewing. Die afsondering waarna vroeër verwys is, maak dat daar nie meer genoeg geleentheid is in ons alledaagse lewens om (waar jy kan sit) by jou kombuistafel te sit met ‘n vriendin, en (met) ‘n koppie tee (en waar jy) om die klippe uit jou hart te kan uitpak nie.

Sondag oggend na onbyt sal ons, bewapen met sonskerm en sonbrille, ‘n twee uur stappie in die veld onderneem. Antoinette en oom Johannes sal die groep begelei deur die veld en vir mense wys waar van die kruie groei. Die Natuur is wonderlike medisyne, om die son op jou skouers te voel, om jou oë oor die landskap te laat gly, en om die vars lug in te asem, het besondere genesende waarde. Nadat ons in die veld gestap het, sal ons terugkeer na die huis, waar ons ‘n heerlike middagete sal nuttig. Na ete sal ons mekaar groet en met hernuwe energie terugkeer na ons huise.

Pryse

Die onderstaande pryse sluit die wekswinkel en akkommodasie in die selfsorg Skaapwagterskothuis op Juriesfontein in. Etes kan voorsien word mits vooraf gereel word, en teen addisionele koste.

Akkommodasie Opsies 2 nagte werkswinkel 3 nagte werkswinkel
Opsie 1 – gedeelde badkamer, 4 enkelbeddens in kamer. R4890 pp wat deel R6390 pp wat deel
Opsie 2 – en-suite badkamer, 4 enkelbeddens in kamer. R4940 pp wat deel R6440 pp wat deel

Gesonde kos

Ann Pienaar van Juriesfontein sal ligte, gesonde maaltye voorsien. Dis vir ons onmoontlik om aan uiters gespesialiseerde diëte te voorsien. Daar is ‘n yskas beskikbaar as mense met gespesialiseerde diëte aan hulle eie behoeftes wil voorsien. Ons verskaf wel vegetariese etes. As daar vrae of voorstelle oor kos is, kontak vir Ann by pienaarann@gmail.com

Hoe om te bespreek

Stap 1: Kies ‘n werkswinkel

Stap 2: Doen navrae

Jy kan Ann Pienaar by pienaarann@gmail.com kontak om navrae te doen of daar plek is. Ons sal jou besonderhede neem en aan jou ‘n verwysingsnommer verskaf. As daar nie plek is nie, sal jy op n waglys geplaas word, ingeval daar kanselasies sou wees.

Stap 3: Betaal 50% deposito – of die volle bedrag.

‘n Bepreking sal gemaak word by die ontvangs van die 50% deposito. Die deposito sal terugbetaal word (minus R100 admin fooi) alleenlik as die kanselasie twee weke voor die aanvang van die werkswinkel gemaak word. Die volle bedrag is betaalbaar 3 dae voor die begin van die werkswinkel. Depositos kan geskied deur ‘n inbetaling in ‘n bankrekening of deur ‘n EFT te maak. (Daar is geen kredietkaart of debietkaart fasiliteite op Juriesfontien.)

Wat om saam te bring

  • Vrydag en Saterdag

    • Gemaklike klere bv. t-hemde, lang of kortbroeke.
    • Warm baadjie (die nagte is partykeer onverwags koud)
    • Nagklere, slippers en oorpluisies as jy bang is iemand snork)
    • Muskiet-verkskrikker
    • Handdoek
    • Flitslig
    • Skryfbehoeftes (pen of potlood of enige iets waarmee jy hou om te skryf en teken)
  • Sondag

    • Sonbril
    • Sonskerm
    • Goeie stapskoene en ‘n paar sokkies
    • Kierie
    • Goeie hoed vir die son
    • Langbroek om in die veld mee te stap
    • Klein rugsak
    • Waterbottel
    • Lipice

Die naaste dorp is 80km van die plaas af. Ons stel voor dat jy voorbereid kom, omdat ons dit verkies dat niemand oor die naweek dorp toe ry nie.