Algemene Vrae

Dit is belangrik dat jy gesond eet, jy moet verantwoordelikheid neem vir jou gesondheid en wil genees word. In sekere gevalle, soos wanneer jy Manskruie of Vrouekruie gebruik, moet jy nie alkohol drink nie.

Karoo-kruie is nie algemeen beskikbaar nie en dis maar beter om by ons te koop. Plantkenners wat weet wat hulle koop, kan op markte koop maar wees versigtig aangesien almal nie dieselfde name vir die kruie gee nie. Die botaniese name (wat Antoinette aan jou kan gee op aanvraag) kan ook help om onderskeid te tref.

Nee. Wanneer dit droog is, raak kruie skaarser en kan dan duurder wees as gewoonlik, maar oor die algemeen is dit meer bekostigbaar as medisyne omdat genesing langduring is.

Terwyl sekere kruie heerlik verfrissend is, kan ‘n paar nogals skokkend of bitter wees. Gelukkig raak mens dit gewoond.

Elke liggaam is nie dieselfde nie en daarom is dit onmoontlik om te weet presies hoe gou dit sal werk. Sekere tipes kruie het welslae binne dae, maar ander neem ‘n bietjie meer tyd – gewoonlik weke of ‘n paar maande.

Nee, jy moet nooit dadelik medikasie staak nie. Na konsultasie kan ons moontlik met behulp van die kruie jou geleidelik van een medisyne op slag “speen”. Die sleutel hier is om na die liggaam te luister en daarvolgens kruie en medisyne te kombineer.

Ons is nie bewus van enige gevalle waar mense allergies was vir kruie nie.

Sekere kruie kan jou naarmaak of jou maag laat werk, maar dis maar hoe die kruie jou liggaam skoonmaak. Soms maak kruie jou eers sieker voordat dit jou gesond maak. Dit is baie belangrik dat jy aanhou met die kruie maar net die dosis effens verminder totdat jou liggaam daaraan gewoond is.

Ja, dosering word aangepas volgens die persoon se ouderdom. Daar is ‘n krui vir elke kwaal.