Kruie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

“Kruie werk nie so vinnig soos konvensionele medikasie nie, wat veroorsaak dat baie mense moed verloor. Met die gebruik van kruie is mens self betrokke by jou eie genesing omdat jy aan die genesingsproses moet glo vir resultate en dit maak die proses van genesing net so belangrik soos die genesing self.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die kruie wat hieronder beskryf word, groei alles op die Groot Karoo plaas Theefontein waar Oom Johannes en Antoinette woon, en word in verskillende kombinasies en hoeveelhede gemeng vir ‘n wye reeks kwale. Antoinette sê daar is ‘n krui vir elke kwaal, maar hulle is nie almal hier gelys nie, so skakel haar gerus met jou navrae.

Die kruie word geoes, gedroog en verpak op die plaas en kan direk van hulle gekoop word deur Antoinette. Kruie kan bestel word alleenlik deur te epos na info@karookruie.co.za. Pryse van kruie is beskikbaar op navrae, maar wees gerus dat dit u nie meer as meeste medisyne uit die sak sal jaag nie.

Kruievoorraad vir sowat drie maande, en ‘n resep om die kruie reg te gebruik, word aan die einde van die maand aan u gepos nadat geld in hulle rekening inbetaal is. Bankbesonderhede is op die kontakbladsy beskikbaar maar kan ook direk van Antoinette verkry word.

Ander boererate en hulpmiddels is beskikbaar op die  Boererate-bladsy .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kruielys

  • Bergpatat  help met gewigsverlies omdat dit die metabolisme stabiliseer.
  • Bitterbos  help om die lewer te ontgif en kan met sukses gebruik word vir mense wat lewerkanker, hepatitis en lewerkwale het.
  • Dasbos  en  Balderjan  help om 'n verkoue uit te sweet.
  • Dasbos  en  Karmedip  help met blaasontsteking en ander blaasprobleme, asook prostaatprobleme aangesien dit verseker dat die blaas behoorlik geledig word.
  • Dasbos  en  Klipkruie  ontgif die liggaam en help met nierprobleme omdat dit die waterbalans in die liggaam reguleer.
  • Dasbos  en  Renostertop  versterk die longe in pasiënte met tuberkulose (TB).
  • Dawidjie-wortel  help met die geheue.
  • Dermpoeier  bestaan uit 14 verskillende soorte wortels wat op ‘n maalklip gemaal word en help met toestande soos spastiese dikderm, geïrriteerde dermsindroom, maagsere en hardlywigheid.
  • Gifbolblare  versnel die genesing van wonde en bedsere.
  • Grashout  verlig winde op die maag.
  • Kalmoes  help mense wat wil ophou rook deur rooklus meer hanteerbaar te maak.
  • Kaneelbol  stabiliseer bloedkondisies soos bloedduk, bloedsomloopprobleme en spatare, en cholesterol.
  • Kankerbossie en Karmedip verlig die simptome van blaaskanker, prostaatkanker en kanker van die pankreas.
  • KANKERBOSSIE, DIE KONING VAN KRUIE

    Kankerbossie is die kruie met die meeste streeksname, dit word in die Karoo Willekeur, Kalkoentjies of Gansies genoem,  in die Overberg word dit Keurtjies genoem en in die Weskus word dit Jantjie Berend. As n mens met ouer mense praat en vra watter kruie hulle die meeste gebruik het, is die antwoord meestal ‘Keurtjies’.

    Meeste kruie wat n mens gebruik, word gebruik vir n 3 maande periode, dan los n mens dit vir 3 tot 4 maande om die liggaam tyd te gee om die genesing verder te vat. Dit bly vir my interessant dat die moderne mens klaarblyklik vergeet het dat die menselike liggaam so ontwerp is, dat die liggaam homself keer op keer self kan genees. Dis hier waar Kankerbossie inkom, dit hou die immuunstelsel sterk en as dit sterk is, word al die organe ondersteun. Hierdie krui is al een wat jy jaar in, jaar uit kan drink, elke dag.

    Daar is onlangs baie navorsing gedoen oor Sutherlandia frutescence en wetenskaplikes het onteenseglik bewys dat Kankerbossie die immuunstelsel versterk en dat dit die hoof-kruie is om voorkomend kan drink. Mans hoef nie te wag om 40 jaar oud te word om Kankerbossie saam met Karmedip te drink om n gesonde prostaat te verseker nie en vrouens kan Kankerbossie saam met Katjie-3-Blaar gebruik om te help met die geweldige simptome van menopouse.

    Dis wetenskaplik bewys dat Kankerbossie TB en HIV pasiente help met hulle geweldige gewigs-verlies, want dit   help om pasiente n eetlus te gee , asook met die bou van spiere, na n lang siekbed. Hierdie kruie help ook met angstigheid, die vloek van die moderne eeu, omdat dit die Kortisol vlakke in die liggaam verhoog. Kankerbossie het ook anti-inflammatoriese en anti-oksidant komponente en kan ook verligting gee vir mense met tipe 2 Diabetes. Hierdie kruie moet langdurig gebruik word, mens kan dit nie net vir 3 weke gebruik en dan tot die gevolgtrekking kom ‘ dat die kruie nie werk nie’

    As ‘n mens kruie gebruik, is n mens deel van die proses  van jou genesing, want jy moet toegewyd wees om te onthou om dit daagliks te gebruik, dit gereeld voor te berei en ook emosioneel betrokke te word met jou fisiese herstel. Toe ek begin kruie gebruik, het ek begin leer om te luister na my liggaam en besef elkeen van ons ken ons liggame die beste en deur bewus te wees van hoe jou liggaam werk, so kan jy voorkomend te werk gaan.

  • Katjiedrieblaar  help met hormoonbalans, premenstruale-sindroom (PMS), menopouse en warmgloede. Kan met groot sukses gebruik word in die plek van hormoonvervangingsterapie. In kombinasie met kankerbossie kan dit gebruik word om die immuniteit van kankerpasiënte te verbeter.
  • Kraalbos  versterk die kopvel sodat dit verhoed dat hare uitval en die teruggroei van hare stimuleer. Dit verbeter ook algemene kondisie van hare.
  •   Knoffel – Koning in jou tassie van winter-doepas

    Die winter is die tyd dat die imuunstelsel oortyd moet werk om al die verkoues, griep en brongitis hok te slaan en hier is organiese knoffel n uitstekende bondgenoot. Rou knoffel, knoffel in sop, knoffel saam met Dasbos en Klipkruie help om die liggaam sterk te hou deur die wintermaande.

    Die meeste knoffel wat mens in supermarkte koop, word ingevoer uit China uit, waar dit baie keer geneties gemanupileer word om min of meer almal dieselfde te lyk en bestraal word om te voldoen aan invoer vereistes. In die Karoo, naby die klein dorpie Loxton, is Johan Scholtz al n paar jaar besig om organiese knoffel te verbou. Ek het dit onlangs begin gebruik en ek kon nie die verskil glo nie! Die knoffel smaak anders, “lewendig”, sou ‘n mens dit kon noem. Ek is baie gelukkig dat ek so naby die knoffel landery woon, want ek sal van nou af sorg dat ek nie sonder hierdie bondgenoot is nie. Johan se telnr is 0533 813 905 en sy e-pos adres is  elandshcoltz@gmail.com .

    Onder Boererate , is daar ‘n resep vir gout en artritis, waar ‘n mens 1kg knoffel gebruik en hier is ‘n geleentheid om organiese knoffel te gebruik. Trouens, dit is noodsaaklik om organiese knoffel te gebruik, as jy knoffel medisinaal gebruik.

  • Kruitjie-roer-my-niet  verlig tenniselmboog, heupprobleme en verstuite gewrigte. Dit is uiters giftig en moet slegs uitwending en met groot versigtigheid gebruik word.
  • Lukwartboomblare  en  Rooivergeetwortels  verbeter suikervlakke in diabetes-leiers wie terselftertyd ‘n gesonde dieetprogram volg.
  • Manskruie  verminder impotensie.
  • Manskruie  en  Vrouekruie  kan help vir mense wat sukkel om swanger te raak.
  • Oogbossie  help met oogprobleme soos oë wat baie water, asook met katarakte.
  • Oondbos  verlig hoofpyn, gewoonlik in kombinasie met ander kruie wat waarskynlik die hoofpyn veroorsaak.
  • Rooivergeetwortels  en  Jakkalsbos  help met hartprobleme, veral na hartomlynings aangesien dit bloed versterk en die orgaan help om trauma te hanteer.
  • Velpoeier  help met ekseem, psoriase, gordelroos en kopluis.
  • Vlak-grashout  is ‘n vinnige maar sterk manier om van ‘n verkoue ontslae te raak.
  • Wildepampoen  verlig rugpyn.
  • Wynruit Wilde-als  en  Nieshout  genees longkwale, asma en brongitis.