Boererate

Salwe

Ek het groot geword in ‘n gesin, met ‘n apteker vir ‘n pa. As kind het ek my verkyk as hy salwe aanmaak, met so ‘n lang slap mes. Dan was hy vir my ‘n soort towenaar, wat salwe optower, wat mense se pyne verlig het. Hier is ‘n paar salwe wat veral in die winter verligting sal bring.

Pynsalf 

  • 1 Groot blik Zambuk salf
  • 3 buisies Wintergreen ( 25g elk)
  • 1 botteltjie Haarlemensis

Sit die 2 salwe in n dubbelkoker en smelt die salwe. Haal van die stoof af as dit  gesmelt is en gooi dan die botteltjie Haarlemensis. Meng goed en gooi af in n glas botteltjie.

Salf vir wonde wat sukkel om te genees

  • 1 Potjie Ponds Cream
  • 1 blikkie Sinksalf
  • 2 teelepels Friars Balsem

Die grootste geskenk wat n mens jouself kan gee, as jy sukkel met ‘n wond wat stadig genees, is om nie moedeloos te word nie en om geduld te hê met die genesingsproses. Die liggaam genees stadiger as ‘n mens sonder moed is. Bemoedig jouself elke keer as jy met jou wond werk.

Aambei Salf

  • 1 potjie Vaseline
  • 1 botteltjie Haarlemensis

Meng die 2 bestandele goed en smeer gereeld aan.

Aambeie

Ek dink altyd aan wyle Tolla van der Merwe as my aambeie my nou en dan pla , of as mense my bel met die noodkreet – help my asseblief, my aambeie maak my gek! Hy het vertel hy het die raat by ‘n ou oom gekry – as jy n aambei het wat buite sit, vat n vuurhoutjie en brand die aambei. Die volgende dag, skud jy net die boksie vuurhoutjies hard, daar naby die aambei en hy sal homself terug-skrik en daarna te bang wees om weer sy gesig te wys! Nou ja, die mens wat al aambeie gehad het, sal vir jou se die laaste ding wat jy aan ‘n aambei sal wil doen, is om dit te brand! Mens wil niks doen om ‘n aambei kwaad te maak nie, want as hy kwaad is, kan jy nie sit nie, jy lê swaar en jy voel heeltyd ongemaklik, en jy raak naderhand bang om toilet toe te gaan.

Aambeie ontstaan as gevolg van swak bloedsomloop en hardlywigheid kan ook lei tot aambeie. Die emosionele oorsake van aambeie kan wees dat jy verwerp voel en ‘n vrees vir sperdatums en ‘n vrees vir n gebrek aan geld het. Woede oor dinge van die verlede en ‘n vrees om te laat gaan (“to let go”), kan ook veroorsaak dat jy sukkel met aambeie.

Kaneelbol   is die kruie wat help met bloedsomloop en dit help ook om die aarwande te versterk. Kruie werk nie so vinnig soos oor die toonbank medikasie nie, so dit help nie om Kaneelbol te begin gebruik as jy eers aambeie het nie. Dis altyd beter om kruie voorkomend te gebruik en met aambeie is dit veral waar. As jy geneig is tot aambeie, sal dit wys wees om Kaneelbol gereeld te gebruik, jy gebruik dit vir 3 maande, hou op vir 3 maande en gebruik dit weer vir 3. Die aambei-operasie is selde suksesvol en baie mense bel my met hartseer-stories van prosedures wat verkeerd gegaan het.

Jy neem ‘n teelepel Kaneelbol, sit dit in n glasbak, gooi n liter kookwater op, laat afkoel en gooi af in ‘n glasbottel (stukkies en al). Drink ‘n kwart koppie 3 keer per dag. As die liter klaar is, wag 3 dae en maak dan weer n liter aan en drink dit so vir 3 maande.

Daar is ook salf wat ‘n mens kan aanmaak en aansmeer as die aambeie al daar is.

  • Neem n groot blik Samboksalf, smelt dit in n dubbelkoker, en as dit gemelt is, voeg n halwe botteltjie Haarlemensis by en 1 eetlepel Aluin-poeier. Smeer gereeld aan, buite, sowel as binne.
  • Neem n klein botteltjie Vaseline, smelt in dubbelkoker, saam met 1 blokkie Kamfer en n halwe botteltjie Haarlemensis. Smeer gereeld aan.

Mens moet ook jou liggaam dophou en probeer agterkom watter kosse wat jy eet, die aambeie laat “blom” – ek weet vir my is tamaties, pynappel, koejawels en partykeer rissies problematies.

Jy en jou Spysvertering

In Amore Bekker se kookboek, Tjaila-resepte, die resepte, haal sy die wyse Marthinus Versveld, waar hy se :” Om te eet, is `n manier om die lewe te assimileer.” As ek in die veld stap met my honde, is ek telkens verstom as ek `n kudu voor my sien wegspring of as ek `n springbok sien pronk. Die balans in die dier se liggaam, wys daarop dat die kos wat hulle in kry, hulle liggame sterk en pragtig bou. En jy kyk na die kudu drollotjies, sien jy hoe goed die dier sy kos verteer het. Hy het nie neuroses rondom sy eetgewoontes en dit wat hy eet nie, en sy liggaam weerspieel dit.

As `n mens luister na die lys klagtes wat mense oor hulle spysvertering het, lyk dit asof die moderne lewe , met sy eise, moeilik verteer. Navorsing bewys dat vetsug en eetsteurnisse geweldig toeneem, kolonkankers kom al hoe meer voor en mense raak toenemend “allergies” – allergies vir graan , vir suiwel, vir suiker en genetiese gemodifeerde kos. Meeste siektes kom uit die wanbalans in due spysverteringstelsel. As jou spysverteringstelsel te suur is, raak dit n teel-aarde vir kanker, artritis, sooibrand, brand voete, cholesterol, bloedsuiker-probleme en selfs iets soos “rustelose bene”.

Net soos `n mens moet kyk wat jy eet, is dit uiters belangrike rituele rondom jou ete te bedink, as jy dit nie alreeds in plek het nie. Dis deesdae outyds om saam om `n tafel te sit, of baie keer voel ons ons “het te min tyd” om dit te doen. As jy jou spysverteringstelsel voorberei dat hy kos gaan ontvang, kan daardie stelsel solank woeker om die regte spysverterings-sappe reg te kry, dat die kos wat ontvang word, verteer kan word met maksimum voedingswaarde. As jou gedagtes en jou hart die teenwoordig en betrokke is by jou eetproses nie, word jy nooit versadig nie, want jy was nie “daar” toe jy geëet het nie. Dis hoekom eet voor die komputer en die televisie, jou nie kan voed nie. In die wonderlike fliek “Like water for chocolate” huil `n meisie, deur haar liefde verlaat, terwyl sy die troukoek bak en haar trane val in die koekbeslag en daardie aand toe huil al die gaste , omdat hulle haar trane aanvoel. Soos die storie illustreer, is die hart waarmee jy kook, baie belangrik en dis nie net ouvrou-stories nie.
Hier volg n koolresep wat uit die boek “Guarding the 3 treasures” deur Daniel Reid kom-

Deur hierdie aftreksel vir n tydperk van 3 maande te drink, word die “goeie bakteriee” in die maag kos gegee , wat jou spysvertering sterk sal maak om toekomstige spysverterings-probleme te voorkom. Terwyl jy die aftreksel gebruik, eet meer vars produkte en probeer sny op stysel, suiker en suiwel-produkte.

Versap 1 en `n drie-kwart koppie gesuiwerde water met 3 koppies grofgesnyde kool in die versapper. Moenie kraanwater gebruik nie, want dit maak die goeie bakteriee dood. Gooi die mengsel in n glasbottel em draai die prop liggies op, dat die mengsel kan “asemhaal”, vir presies 3 dae. Dan gooi jy die vloeistof af en gooi die koolstukke weg in die tuin. Meet n kwart van die vloeistof af en begin jou volgende sarsie. Nou neem jy weer 3 koppies gekapte kool en net een en n half koppie water . As jy dit die tweede keer aanmaak, los jy dit net vir 24 uur. Drink met etes n halwe koppie van die aftreksel en hou die aftreksel in die yskas as jy dit die eerste keer afgegooi het. Gebruik hierdie mengsel vir drie maande en kyk wat gebeur!

Gladdejantjies met Woema

Aanvullings tot ons diëet raak by die dag belangriker as ons al die vitamiene en minerale wil inkry. Van hierdie aanvullings doen baie meer kwaad as goed, daarom dat die natuurlike aanvullings wat jou liggaam makliker kan absorbeer, al hoe gewilder word.

GEMENGDE VRUGTE EN SAAD GLADDE JANTJIE

  • 2 teelepels lynsaad
  • 2 teelepels sonneblomsaad
  • 1 geskilde piesang
  • 1 kiwi vrug
  • 2 perskes, 2 appelkose, 1 peer
  • 50ml naruurlike lewendige jogurt
  • 100 – 150ml rys- of soja melk.

Maal die sade fyn en sit dan saam met vrugte in ‘n versapper. Drink hierdie Gladdejantjie ook net nadat jy dit gemaak het.

DIE OMEGA DRANKIE

  • 2 Eetlepels Vlassaad
  • 1 Eetlepel Sonneblomsaad
  • 1 Stukkie Gemmer, geskil en fyn gekap
  • 150 ml suikervrye Appelsap

Week die sade oornag in 100 ml water. Sit die volgende oggend die sade met die water in ‘n versapper. Voeg die ander bestandele by en versap totdat dit sag en romerig is. Voeg ‘n bietjie water by en drink dan dadelik jou gladdejantjie.

‘n Tweede drankie het meer vrugte in en is daarom vir party mense lekkerder.

Sade

Sade is baie ryk aan minerale, Vit E, protein en vesel. Van die volgende mengsel het jy net ‘n eetlepel daarvan per dag nodig.

Neem ‘n 250ml glasvles met ‘n prop wat kan toedraai en vul dit met die volgende sade:

Vul die helfte van die vles met Vlassaad en die ander helfte met Sesame saad, Sonneblomsaad, Pampoensaad en 1 teelepel Komynsaad. Hou die bottel in die yskas en toegedraai. Neem ‘n handvol elke oggend, sit dit in jou koffie of saadmaler en gebruik ‘n eetlepel daarvan in jou jogurt of oor jou pap. Jy kan gerus ook eksperimenteer met sade en vrugte en so ‘n Gladdejantjie maak wat reg in jou kraal pas!

Jy en jou tong

Ons tong is nie net die instrument waarmee ons kommunikeer nie, jou tong is ook n soort padkaart of GPS, wat vir jou goeie aanwysings kan gee van wat in jou liggaam aangaan. As jy elke oggend as jy opstaan na jou tong kyk, voordat jy enige iets eet of drink, kan jy baie goeie riglyne kry van wat in jou liggaam aangaan.

Volgens Chinese medisyne, is die balans tussen die hart, wat vuur verteenwoordig, die longe, wat dien as blaasbalk wat die vuur aanvuur en die niere en blaas wat die waterwerke verteenwoordig, uiters belangrik om goeie gesondheid te verseker. As daar `n wanbalans tussen hierdie 3 is, sal dit op jou tong wys. Die agterste deel van jou tong verteenwoordig jou niere, die middel van jou tong jou maag, milt en pankreas en die voorste deel van jou tong, die hart en dunderm. Neem genoeg tyd om jou tong te bestudeer, want ons elkeen se tong is so uniek soos onsself. As `n mens in jou oe kyk, sien jy jou siel gereflekteer en as jy na jou tong kyk, maak jy die konneksie tot die hart. As jou fokus in jou lewe is om daagliks jou waarheid te praat, sal jou tong jou tot groot seening wees.

Die wit aanpaksel op die tong is normaal, maar wanneer die aanpaksel uitermatig wit is, wys dit op n probleem met jou maag en pankreas.
Wanneer die wit aanpaksel `n donker kleur begin vertoon, beteken dit dat jou hart sukkel en dat jou liggaam swaar kry met slegte spysvertering. Geel aanpaksel op die tong, wys op koors of inflammasie in die liggaam. As jou tong grys of swart is, wys dit op akute siekte of die teenwoordigheid van kanker in die liggaam.

Die vorm van jou tong speel ook n groot rol in jou gesondheid. As jou tong groot en geswel is en as daar soggens tandmerke op jou tong is, wys dit dat die funksie van jou niere en jou milt nie na wense is nie. Wanneer die tong smal is, beteken dit dat jou energie vlakke laag is en dat jou voedsel-inname te min is. `N Kort tong beteken dat jou pankreas en jou hart sukkel en as jou tong bewe, beteken dit dat jou skildklier sukkel of dat jy yappie-griep het. Opgehewendheid agter op die tong in die vorm van n varingblaar, beteken dat jou maag minerale nodig het en dat jou galblaas stress ondervind. As jou tong donker is, is jou lewenskrag min en n pienk tong beteken dat jy lewenslustig is.

Dis ook goed om jou tong nou en dan n bietjie oefening te gee, soos om jou tong ver uit te steek en dan op te rol soos n verkleurmannetjie.
Jy kan ook jou tong uitsteek en klein sirkelvormige bewegings daarmee maak. Terwyl jy dit doen, vorm daar baie speeksel onder jou tong en hierdie speeksel bevat wonderlike bakteriee om te help met spysvertering.

Seker een van die grootste geskenke wat jy jouself kan gee, is om te leer om jou tong te beteuel.ter Onthou, die woorde wat jy met jou tong vorm is soos vere in die wind, as jy dit uitgespreek het, kan jy dit nooit weer terugkry of ongedaan maak nie. Mag jou tong jou tot groot eer strek en mag jou woorde soos heuning van jou tong afrol.

Detoks van die lewer

Need die sap van 1 suurlemoen, die sap van 1 lemoen, die sap van 1 pienk pomelo,
Gooi die sap van die drie vrugte in `n glasbeker,
Voeg 1 eetlepel olyfolie by en vul die sap aan met lou water totdat dit 500ml is.
Maak seker dat jy vars vrugte gebruik en drink dit daagliks uit.
Gebruik hierdie mengsel elke oggend vir tien dae, voordat jy tee, koffie of enige medikasie gebruik.
In die winter kan jy hierdie detoks 1 keer per maand vir 10 dae gebruik.

Slegte bloedsomloop

Neem een teelepel rooipeper, gooi dit onder in die skoen, trek ‘n sokkie aan die voet en loop dan die hele dag met die rooipeper onder in die skoen. Dis belangrik om nie met kaal voete op die rooipeper te loop nie.

Rooipeper kan ook gebruik word vir hoë bloeddruk. Dis belangrik om kennis te neem dat mense met die O-bloedgroep rooipeper met welslae kan gebruik en dat mense van ander bloedgroepe versigtig moet wees. ‘n Mespunt rooipeper, drie keer per dag na etes, kan geneem word om hoë bloeddruk aan te spreek.

Bedsere en wonde wat sukkel om te genees

Gifbolplante lyk soos die blare wat die ui omring. Dit is baie belangrik om te weet dat die bol self giftig is en onder geen omstandighede gebruik moet word nie. Die blare wat die bol omring kan afgetrek word en op bedsere gebruik word , dit hou die seer of wond droog en dreineer die vog daarom. Dit is wenslik dat die wond drie keer per dag met die gifbolblare versorg word. Vir wonde wat ‘n diep gat vorm, is dit belangrik om die wond “op te vul” met iets soos petroleumjellie (Vaseline) want die liggaam probeer die gat vul met vloeistof in ‘n poging om dit “op te vul” en dis hierdie vog wat verhoed dat die wond genees.

Resep vir bedsere:

  • 100 gram Agricura Pienk melksalf ( ook genoem speensalf, omdat dit gebruik word om aan n’ keei se spene te smeer voordat jy melk).
  • 300ml Olyfelie
  • 10 ml Brandspiritis (Meth Spirits)
  • 10 ml Kamferolie
  • 25g Betadine SalfMeng eers die melksalf en die Betadine Salf en meng dan die res in.
    Smeer 4 tot 5 keer per dag die pasient met die salf vir sy bedsere.

Doofheid, suising in die ore en vertigo

Neem ‘n middelslag botteltjie kasterolie, gooi dit uit in ‘n pannetjie en sny drie knoffelhuisies op en voeg dit by die kasterolie. Braai dit uit op matige hitte totdat die knoffel liggies verbruin. Haal van die stoof af, laat afkoel en gooi mengsel in ‘n glasbotteltjie met die stukkies knoffel nog in die olie. Neem ‘n halwe teelepel van die oliemengsel, maak dit lou bokant ‘n kersvlam (moenie koue olie in die oor gooi nie), en gooi dit in die een oor en die volgende aand in die ander oor. As die olie goed ingeloop het, sit ‘n pluisie in die oor.

By gesondheidswinkels is daar oorkerse (“ear candles”) beskikbaar en ek beveel sterk aan dat mens oorkerse gebruik nadat die ore vir die eerste keer aan beide kante met die oliemengsel behandel is. Volg die volledige instruksies wat ingesluit is en behandel altwee ore, al ondervind jy net ongemak in een oor. Oorkerse kan net een keer elke ses maande gebruik word.

Brongitis, longontsteking en emfiseem

Neem vier takkies wilde-als, lengte vanaf die pols tot wysvinger, en een takkie wynruit, ook vanaf die pols tot die wysvinger. Neem nieshout, skraap een teelepel se waarde splinters met ‘n messie af. Plaas alles in een liter water, voeg 1 1/2 koppies suiker by en kook die mengsel op ‘n matige hitte vir 45 minute. Laat die stroopmengsel afkoel en gooi dit dan af in ‘n glasbottel wat jy in die yskas hou. Neem ‘n kelkie (Engelse “tot”) drie keer per dag. Groei wilde-als en wynruit in jou tuin, die plante is by sommige kwekerye beskikbaar. Gebruik die mengsel soos nodig.

Mondseertjies en seer keel

Neem die vetblaar van hotnotsvy, breek die blaar oop en smeer die sap van die blaar op die seertjies. Doen dit soveel keer per dag soos nodig. Vir ‘n seer keel kan jy ‘n stukkie van die blaar kou, die sap insluk en die stukkies uitspoeg. Kappertjie-blare is ook goeie medisyne vir’n seer keel, kou sowat drie blare op ‘n slag en slug die stukkies in , dis nogals skerp, so gee vir kinders saam met brood vir ‘n “flouer” smaak.

Gordelroos (“shingles”)

Elke jaar, so net na lieflike lente haar buiging gemaak het, begin mense my in my konsutasie-tye, tussen 5 en 7, bel om te vra wat kan hulle doen, want hulle het nou gordelroos. Die pyn wat deur jou liggaam skiet, die lam gevoel wat jy het, asof jy n sak sement in jou binneste ronddra, is iets wat jy nie vir jou grootste vyand wil toewens nie. So het ek ook weer hierdie November, deurgeloop onder gordelroos. En dit moet jy weet van hierdie toestand, as jy dit eenkeer gehad het, kom dit terug, elke keer as jy te veel stress ervaar het of as jy helltemaal te hard gewerk het. Ek was in die begin elke keer vreeslik hartseer as my gordelroos toeslaan, hierdie keer, met 2014 se gordelroos, was ek so trots dat my liggaam my vroegtydig waarsku dat ek moet briek aandraai.

Elke fisiese siekte het n emosionele oorsaak en met gordelroos is van die oorsake uiterste stress en angs, vrees en spanning. Caroline Myss praat van “waiting for the other shoe to drop”, jy voel asof jy geen spanningsvolle situasie kan hanteer nie omdat jy oor-sensitief voel. Swaarmoedigheid en bedruktheid kan ook lei daartoe dat jou senuwee punte ontsteek – dis wat in jou liggaan gebeur as jy gordelroos het. Ek voel altyd baie hartseer en emosioneel as ek gordelroos het en dan maak ek tyd om te huil, sommer oor enige iets, want op die manier kry jy ge-ontlaai, jy kry afgelaai. Gordelroos gaan oor daardie 1 stukkie strooi, daardie enkele stukkie, wat die kameel se rug breek. Daarom is dit uiters belangrik dat n mens ook tyd maak om te rus, op jou bed te le en luister na jou liggaam as hy vir jou se hy is te moeg om op te staan. In die begin het ek skuldig gevoel oor ek net op my bed wou le , tot ek besef het, dat my oorwerkte en uitge-stressde liggaam net gaan genees as ek luister en bly le.

Die uitslag wat gordelroos veroorsaak is hiper-sensitief vir aanraking, die eerste keer wat ek dit gekry het het dit vir my gevoel asof ek nie die sagte aanraking van klere kan verduur nie. Dan help dit om Alwyn-gel aan te smeer, wat daardie warm gevoel , koel maak. Suur-vye ook bekend as Hotnots-vye, is ook goed om aan te smeer. Dis n vetplant en groei maklik van n steggie en n moet in elke tuin. Mens breek die blaar oop en drup dan die sap op die uitslag. Kasterolie is ook n wenner om aan te smeer, dit bring pynverligting mee en kalmeer die vel daar waar dit so brand.

Mens kan ook n teelepel organiese borrie gebruik, 3 keer per dag, na etes. Borrie help daardie ontsteekte senuwee punte om te begin herstel. Nou is dit ook die tyd om die Koning van Kruie, Kankerbossie, te begin gebruik. Kankerbossie maak die imuunstelsel sterk en as n mens se imuunstelsel sterk is, sal dit die liggaam help om te herstel. Hierdie kruie is al kruie wat jy elke dag van jou lewe kan drink, met ander kruie is dit nodig om na 3 maande se gebruik, eers te stop, sodat die liggaam kan kans kry om homself te genees. Die dosering van enige kruie is baie belangrik, jy neem 1 teelepel Kankerbossie, sit dit in n glasbak, en gooi 1 liter kookwater daarop. Laat afkoel, gooi af in n glasbottel, hou die bottel in die yskas, en drink n halwe koppie, 3 keer per dag. n Mens se toewyding tot jou genesings-proses is hier baie belangrik, so dis belangrik om aan te hou om jou kruie te drink.

As n mens emosioneel daaraan werk om goed te wees vir jouself, om jouself te koester en om jouself gereeld te prys, sal jy vind dat die gordelroos sy wyk neem. Dis ook dan die tyd om n bestek-opname te maak van die dinge in jou lewe wat jou onnodig gespanne maak, dit te verander en te verteer en met die spanning wat in jou werksplek, wat jy nie noodwendig kan verander nie, daar kan jou houding teenoor die probleem, verander.

Die oumense het geglo dat die inname van borrie uiters heilsaam is en in die geval van gordelroos is dit definitief so. ‘n Teelepel borrie, soggens en saans, help die liggaam teen gordelroos. Die geweldige pyn van die wonde kan verminder word deur aalwynjel aan die seerplek te smeer. Neem ‘n aalwynblaar (verkieslik die kanniedood), sit die blaar onder warm as. Die blaar sal opswel en die jel binnekant die blaar sal sag word. Sny die blaar oop en smeer die lou jel aan die seerplekke en jy sal voel hoe die gevoelige plekke “koel” word en die geweldige gevoeligheid verminder.

Hare wat uitval

Neem vier takkies roosmaryn, lengte vanaf die elmboog tot by die pols. Sit ‘n middelslag botteltjie klapperolie in ‘n pannetjie. Stroop die fyn blaartjies van die stingel af, voeg dit by die klapperolie in die pannetjie en braai uit op ‘n matige hitte tot wanneer die blaartjies effens verbruin. Haal die pannetjie van die stoof af en laat afkoel. Moenie die blaartjies te donker laat braai nie dan ruik die olie sleg. Gooi die olie deur ‘n siffie sodat die blaartjies afterbly. Masseer die olie een keer per week in die kopvel in. Masseer sowat vyf minute om bloedsomloop na die kopvel te verbeter wat ook haargroei bevorder. Bind dan ‘n plastieksak om die kop vir sowat 30 minute sodat dit hitte genereer. Was daarna die hare en spoel af met ‘n roosmarynaftreksel. Neem vyf takkies roosmaryn, kook dit in twee liter water, laat afkoel en spoel dan die hare af in hierdie aftreksel. Gebruik hierdie kombinasie van olie en aftreksel elke week vir die eerste vier weke, en daarna een keer per maand. Klapperolie is by apteke, gesondheidwinkels en sekere kettingwinkels beskikbaar.

Psoriase en ekseem

Neem ‘n klein botteltjie petroleumjellie (Vaseline), gooi vier koevertjies Grandpa-pynpoeier daarby en meng goed. Dra sommer die botteltjie by jou en smeer aan die geaffekteerde plekke elke keer as jy daaraan dink.

Vir ekseem help ‘n koppie varkvet met een eetlepel blomswael gemeng. Smeer gereeld aan die plekke wat deur ekseem geaffekteer is. Blomswael is verkrygbaar by die apteek.

Koliek-babatjies

Neem ‘n mespunt rooipoeier (Lennon Medisyne) en smeer dit aan die babatjie se tandvleis of op die tongetjie. Gebruik dit soggens en saans.

‘n Mespunt rooipoeier en ‘n mespunt Engelse sout drie keer per dag, het die oumense geglo, verhoed miskrame.

Jig (“gout”) en gewrigsontsteking (“arthritis”)

Neem een liter water, sny een kilogram knoffel op en voeg dit by die water. Die knoffel moet liefs gesny word met ‘n messie en nie deur ‘n knoffelpers (“garlic crusher”) verwerk word nie. Kook die mengsel vir 30 minute op ‘n matige hitte en haal dan van die stoof af. Gooi 250 gram heuning en een liter suikerriet spiritus (“cane spirit”) in die warm water.

Dit is belangrik dat die “cane” in die warm water gegooi word sodat die alkohol kan verdamp. Laat die mengsel afkoel en gooi dit dan deur ‘n siffie in ‘n glasbottel en hou die bottel in die yskas. Neem ‘n kelkie (Engelse “tot”) drie keer per dag. Gebruik die bottel totdat dit klaar is, wag sewe dae en maak dan nog ‘n bottel aan. Alhoewel u heelwat beter mag voel na sowat drie bottels, moet mens ses tot agt bottels van hierdie mengsel gebruik vir regtig goeie resultate.

Voete wat brand en bene wat pyn

Neem 500ml brandspiritus, krummel vier blokkies kamfer daarin. Kamfer is verkrygbaar van die apteek. Skud die mengsel goed en wend dan met ‘n stukkie watte aan die voete of bene aan. Vir die voete begin bokant die enkel en vryf AF nooit op en af nie, die oumense glo dan vryf jy die siekte deurmekaar! Dieselfde geld vir die bene, begin bokant die knie en vryf af.

Resep vir Kopluise:

  • 1 botteltjie Pepperment druppels (Lennon)
  • Dieselfde hoeeelheid olyfolie of kookolie
  • 1 koppie bruin asyn
Gooi hierdie mengsel in 500ml koeldrankbotteltjie en vul op met Dettol of Savlon. Maak 'n flennie-lap nat met hierdie mengsel en draai die kind se kop oornag toe. As jy die lap die volgende oggend afhaal, is die luise kapot!

Die Troos-salf

Neem 1 derde rou Frankincense korrels\resin ( Escentia) en 2 derdes Klapperolie olie ( Cold pressed en organies).

1 eetlepel rou Mirre korrels( Natural Products).

Sit die Frankincense en die Mirre oornag in die vrieskas , anders word dit taai terwyl jy dit fyn maak in jou stamper en vysel ( mortar en pestle).

Neem n '' mortar en pestle'', sit 7 korrels Frankincense in die koperbak en maak dit fyn tot n poeier. Mens moet nie te veel Frankincense korrels in die koper- of kliphouer sit nie, anders kry n mens dit nie fyn genoeg nie.

Maak die Mirre korrels ook op hierdie manier fyn.

Neem n dubbelkoker en sit jou 1 derde Frankincense en Mirre , saam met jou 2 derdes Klapperolie in die dubbelkoker, op die laagste hitte van die stoof en laat dit stadig kook vir 10 ure. Jy moet elke uur die mengsel roer.

Na 10 ure, gooi deur n linnelap in n glasbottel.

Ons vergeet dat ons ons eie liggaam kan troos as n mens trauma of hartseer ondervind. In die voortslepende droogte hier in die Karoo, het ek toenemend begin voel dat my liggaam en my gees troos nodig het en nie net troos ek my liggaam nie, ek salf ook my liggaam, met hierdie troos-salf.

Ek het gedink toe ek hoor dat ek die salf vir 10 ure moet laat kook, dat dit n onbegonne taak gaan wees om vir so lank elke uur stoof toe te moet loop, maar groot was my verbasing toe ek sien hoe terapeuties dit vir my is . Elke keer dat ek die deksel opgelig het en geroer het, het ek gevoel hoe ek liefde en troos in die mengsel inroer.

Troos en salf jou liggaam elke dag.

Frankincense het groot medisinale waarde, so jy kan n mespunt Frankincense poeier drink, met n halwe koppie lou water.