Loading...

Toevoeging tot ons werkswinkels

Dit bly vir my interessant hoe die lewe organies om ‘n mens gebeur, hoe dinge ontwikkel as ‘n mens nie te veel planne maak nie en die lewe toelaat om soos ‘n sagte rivier deur en om jou te vloei.

Daar het deur die jaar toenemend begin bel om, soos mens in Engels se ‘n “one-on-one”, te hê hier by my en oom Johannes. So het ons besluit om hierdie manier van “wees” in die Karoo, uit te brei . Tussen die werkswinkels deur, het ons besluit om maksimum 2 mense hier te ontvang, vir mense wat meer van Karoo kruie wil leer of mense wat net wil kom stil word in die Karoo. Ons pas aan by mense se behoeftes en die beste manier om meer te hoor van hierdie aanbieding, is om my te bel by 023 4161659, om meer te hoor van koste.

Die datums vir "one-on-ones" is enige tyd tussen 22 April tot 31 Julie 2019.

Gee jouself hierdie jaar die groot geskenk van die stilte van die Karoo; van stilsit op ‘n ysterklip, om jou kop en jou binneste bietjie te laat asemhaal.

Koste beloop as volg: R1300/dag; R300/nag vir verblyf op Theefontein; R150/dag vir 3 etes (self-sorg opsie ook beskikbaar).